Die veelbekroonde en talentvolle sangeres en liedjieskrywer Nianell se sewende solo-album “JUST BE” is hier!

Oudergewoonte verskuif sy weer grense met haar briljante komposisies, passievolle vertolkings en inspirerende lirieke.

“JUST BE” spog met vyftien liedjies waarvan elf nuwe oorspronklike komposisies is en vier ou bekende gunstelinge soos We’ve only just begun deur Karen Carpenter, Lionel Ritchie se ballade Hello, sowel as die immergroen Sound of silence van die duo Simon & Garfunkel en ook Cat Stevens se Morning has broken. Nianell het spesifiek hierdie vier liedjies gekies omdat dit musiek is waarmee sy grootgeword het en sy druk haar eie unieke en individuele stempel op elkeen af.

29 September, 20:00