10 Julie, 19:00 – 20:30

R200

Moeg vir dieselfde ou verbeeldinglose kos? Nie meer lus om ure agter die potte te staan nie? Nataniël se Winterkombuis is nét die ding om jou te inspireer!

Tydens hierdie unieke kook-en-kletsgeleenthede staan hy letterlik op die verhoog en demonstreer vinnige, eenvoudige dog smullekker geregte, terwyl hy die een spontane spitsvondigheid na die ander kwytraak.

Die resepte van die betrokke aand se seisoenkombuis is na die tyd in die voorportaal beskikbaar, en daarna ook op ons webwerf – jy kan dus by jou vriende en familie daarmee gaan spog!

10 JulieAtterburyteater