14 November, 19:00 – 20:30 

R200

Die jaar lê amper op sy rug en die meeste mense se kookvernuf begin daaronder ly… In die vierde seisoenkombuis van 2016 sal jy weer jou muse kan laat herleef!

Tydens hierdie unieke kook-en-kletsgeleenthede staan Nataniël letterlik op die verhoog en demonstreer eenvoudige dog smullekker geregte, terwyl hy die een spontane spitsvondigheid na die ander kwytraak.
Die resepte van die betrokke aand se seisoenkombuis is na die tyd in die voorportaal beskikbaar, en daarna ook op ons webwerf – hou dit in ’n lêer vir volgende jaar!

Somerkombuis vind op 14 November plaas – bring jou kinders saam om die eindeksamen-blues ’n bietjie te verdryf!

Atterburyteater