18 Maart 2018, 18:00 – 19:30

R180 – R200

Pedro Kruger is tans op televisie te sien, as die briljante gasheer van ’n gewilde musiekprogram, wat top Suid-Afrikaanse kunstenaars se unieke lewensverhale, passies en musiekloopbane met gehore deel. Maar wat van Pedro se “eie klavierkuier”, vra mense tereg? Wel hier is die konsert waarvoor ons almal gewag het! Kom ontmoet hierdie formidabele TV aanbieder, gesoute akteur, ’n uitsonderlike komponis, sanger en ’n bobaas storieverteller, alles in een borrelende persoonlikheid verpak!

In ’n Klavierkuier met Pedro deel hy vir die eerstekeer die asembenewende musiekreis van sy eie lewe en ’n loopbaan wat reeds oor drie dekades strek! Vanaf sy professionele buiging op ouderdom 15, in ’n verhoogverwerking van Fiela se Kind, na intieme kykies na klavierkuiers as seun saam met sy eie gesin, tot by internasionale optredes in wêreldstede soos Edinburgh en New York!

In, ’n Klavierkuier met Pedro kry gehore ’n spesiale kykie in die wêreld van Pedro Kruger, ’n kunstenaarsfenomeen en ’n briljante blik op wat menswees regtig is, soos gedeel vanaf sy “gunsteling sitplek in die wêreld”: daai een agter die klawers van die vleuelklavier! Moenie hierdie skitter-produksie misloop nie!

18 Maart 2018, 18:00 – 19:30 Atterburyteater