29 May, 16:00 – 17:00 

R140 – R160

Net as mens dink jy is uiteindelik klaar: met skole-atletiek en matriekafskeid en studielenings en troues en sakgeld (veral sakgeld) en alles waarby jy uit eie wil of teësinnig ingesleep word as betrokke, liefdevolle ouer. Net as jy dink jou kinders is nou uiteindelik op hulle voete, so dat hulle kan aangaan – en jy ’n slag by jouself uitkom, by jóú huis en daai vakansie waarvoor julle al jare spaar. Net as David en Coba dink die goeie lewe begin uiteindelik as jy aftree – net dan begin rondte twee, die dag as jy onder andere besef groot kinders beteken groot moeilikheid.

“ ’n Geworry” is ‘n perspektief op ouerwordende ouers en hul ouerwordende kinders.

Atterburyteater