23 September, 19:00 – 21:00

R200 – R250

Die beloof om ’n skitteraand te wees! Met dertien witwarm manne, ’n verskeidenheid van plaaslike talent en ’n nuwe internasionale ster, beloof dit om ’n onvergeetlike aand te wees.

Die groot nuus is dat LINA die hoofkunstenaar van die aand sal wees. Lina het geskiedenis gemaak deurdat sy in 2013 die eerste Arabier was om Israel se grootste TV talentkompetisie, The Voice, te wen. Nadat sy die beoordelaars verstom het met haar talent, het sy die publieke stem gewen, wat haar laat seëvier het. Hierdie Amerikaanse-Palestein kan vyf tale vlot praat, en is meer as net ’n sanger, liedjieskrywer en ster, wie se lewe alreeds dramaties, kleurvol en inspirerend is.
Binne die eerste paar dae na haar oorwinning op The Voice het sy meer as ’n kwartmiljoen kyke op YouTube gehad, ’n oorweldigende getal as mens die grootte van Israel in ag neem. Haar oorwinning en die enorme talent van hierdie Palestynse kunstenaar word toe erken deur ’n internasionale Israelies-gebore bestuurder by name Irit TenHengel wat ’n kontrak met haar gesluit het op die Yodan Productions etiket vir wêreldwye verspreiding.

Na die sukses van haar eerste kortspeler “This Ain’t About You”, wat top 10 status op beide die Music-Week’s Club en Pop Charts behaal het, het haar tweede vrystelling, die aansteeklike “Dance Sucker”, tot op #4 op die Music Week’s Official Club Chart geklim. Dis ’n magtige dansnommer wat haar multi-kulturele wortels op ’n kleurvolle wyse tentoonstel. “Dance Sucker” is ’n voorskou van Lina se nuwe album “Walking on a tightrope” wat deur die Grammy Award wenner Jerry Wonda en nuweling Tal Forer vervaardig is.

Lina hou gehore in die palm van haar hand met haar kragtige stem en lewendige opvoerings, wat gelei het dat sy gekies is as die voorkunstenaar vir die legendariese Queen + Adam Lambert in September 2016 voor ’n gehoor van 51,000 mense. Lina het ook koppe laat draai op sosiale media deur onlangs onder Alicia Keys se aandag te kom, wat haar weergwe van “Holy War” hoog aangeskryf het.
Lina het onlangs voor duisende opgetree by beide die Tel Aviv en Barcelona Prides.

Die seremoniemeester vir die aand is die bekende akteur en sanger Philip Moolman van Blou Hond faam. Ander kunstenaars wat gaan optree sluit in die sanger Jon Delinger, The Croons en Tanja Storm. Ander kunstenaars sal binnekort aangekondig word.

Die teks vir die produksie word geskryf deur Wim Vorster, en die produksie word opgevoer onder spelleiding van Kosie House of Theatre.

Kaartjies vir die Mr Gay World Southern Africa 2017 finale op 23 September by die Atterbury Theatre in Pretoria is beskikbaar deur Computicket. Kry joune nou voor hulle almal weggeraap word!

Vir meer inligting en om vir jou keuse vir Mr Gay World Southern Africa 2017 te stem, gaan na www.mrgwsa.com.

23 September, 19:00 – 21:00 Atterburyteater