9 April, 20:0021:40 

R120

Ek is Luna van Wyk. ’n 14 Jarige dogter. Hierdie is die verhaal van Mignon “Mossie” Van Wyk, my ouer sussie. Oh en haar beste vriend Adriaan Prinsloo. Ek dink sy moet met hom trou, maar dit is net my opinie. Vir een of ander rede raak Mossie hals oor kop verlief op ouer ouens – soos Leon Rossouw – wat byna nooit ’n hemp aan het nie.

Hierdie is ’n verhaal oor liefde, uit die aard van die saak, maar dit handel meer oor hoe dit is om ’n tiener te wees en die klappe wat die lewe kan uitdeel.

Dit is ’n verhaal oor monsters en hardloop skoene. Oor “laat-gaan” en “vas-hou”. Oor vriendskap.

Dit is ’n verhaal oor my sussie en hoe sy leer om te vlieg.

In rolverdeling: Erica Wessels, Paul Du Toit, Deanre Reiners, Elzette Maarschalk, Johan Scholtz, Devon Hofmeyr, Izel Bezuidenhout, Tanika Fourie, Kiara Fourie, Carmen Fourie

Regisseur: Darrell Roodt

Atterburyteater