3 Maart, 19:30 – 21:30

R250 – R450

Mmatema Moremi se agtergrond lê in geestelike musiek. Haar passie vir die genre word musiek- en geestelik gewys gedryf. Haar album bestaan uit lofliedere, stories van emosionele onmin, liefde en getuienisse van swaarkry. Sy is die tipe kunstenaar in wie se stem mense hulle eie stories hoor. Haar debuut album is die eindproduk van ’n jong vrou wat werklik in haarself in gegroei het. Die soet klanke van die klavier saam met Mmatema se sielvolle stem bring ’n gevoel van bemoediging; om kwesbaar te kan wees, dog vreesloos; om deur liefde gedryf te word maar gereed om te veg; om swaarkry in krag te verander deur genade. Sy is gretig om haar individualiteit ten volle uit te druk deur ’n artistieke en emosionele oopheid in haar musiek. Met elemente van “urban contemporary gospel, RNB & soul” is dit veilig om te sê dat hierdie unieke genre van “Spiritual Soul” musiek se doel is om mense te inspireer in alle aspekte van hul lewens, hetsy deur middel van persoonlike swaarkry deur liedjies van bediening of liefde.

Atterburyteater