25 May, 20:0021:40 

R160 – R200

“Mel Botes & Friends” sal ’n spesiale feesviering wees wanneer Mel sy 50ste verjaarsdag met sy “Riders”-vriende Robin Auld, Mauritz Lotz & Valiant Swart vier. Mel het al na aan ’n halfeeu tot die musiek industrie bygedra. Iets om te vier! Wat anders sal Mel doen op sy verjaarsdag as om saam met sy groot vriende musiek te maak?

“Mel Botes & Friends” sal spog met die beste oorspronklike liedjies, ’n paar ou klassieke gunstelinge, met nuwe samewerkings en ’n akoestiese atmosfeer met uitgesoekte musiekstukke vir elektriese kitaar.

Mel is ’n begaafde kitaarspeler en spelleier. Bekende vertonings wat sy talente vertoon sluit die uitverkoopte “Crazy Diamond”, oorspronklike meesterstukke, “David’s Confession – About Time, Chapter II” en sy gewilde huldeblykvertonings aan Pink Floyd, Sultans of Swing en Dire Straits, in.

Mauritz Lotz het landswye SAMA erkenning, as komponis, spelleier, Uitvoerende Kunstenaar en vertoning musikant,vir sy diverse en uitstekende musikale tegniek verdien.

Robin Auld se nuwe, energieke klank en diversiteit sluit gly kitaar, harmonika, Afrika blues kitaar en soul agtergrondsang, in. Hy het al internasionaal opgetree en opgeneem.

Valiant Swart het onlangs sy nuwe album genaamd “Nagrit” vrygestel. Dit is sy 14de studio album in ’n loopbaan wat oor 26 jaar strek. Swart word gesien as een van die beste Afrikaanse liriese eksponente met musiek wat in blues rock, country soul en folk gebaseer is.

Atterburyteater