4 Junie, 18:30 – 20:00

R150

Mauritz Lotz, die enigmatiese kitaartowenaar wat daardie snaarkuns so bedrieglik maklik laat lyk, is op 4 Junie op die verhoog in Atterbury-teater.  Met ’n veelsydige repertoire van Toto tot Santana, herskep hy ook liedjies van sy albums Six String Razor,Turning Point en Kaleidoscopic voor jou oë en ore sodat jy die musiek bykans tasbaar kan waardeer. Verder word jy getrakteer met die talent van Craig James op sang, Jaconell Mouton agter die klawers, Vinnie Henrico op tromme en Rixi Roman op baskitaar. Oudiofiele, wees gereed vir ’n magiese ervaring wat jou permanent sal verslaaf.

Atterburyteater