Dit is nou 10 jaar sedert Mathys Roets en Anna Davel vir die eerste keer saam opgetree het in die tydens die opname van Mathys se DVD “Vrydag die 13de”. Mathys Roets en Anna Davel bring hierdie keer van hulle mooiste liedjies saam in een lekker saamkuier-show met stories van treine, verlore liefde, nostalgie en blou oseane.

Daar word natuurlik ʼn heel nuwe kleur gegee aan die oorspronklike Afrikaanse musiek van elkeen se onderskeie albums (o.a. Fluister, Te lank al, In my lewe en Die gypsy in jou oë).

Meer bekende liedjies word verwerk as duette, en die gehoor kan uitsien na die warm klanke van o.a. Those were the days, Mamy Blue, Lisa se klavier en Victoria baai. Roets se diep stem saam met Davel se meer liriese aanslag vind perfekte harmonie in die musiek van o.a. Roger Whittaker, Koos Kombuis, Via Con Dios, Coenie de Villiers, Leonard Cohen, Neil Diamond en Lucas Maree.

Mathys het reeds 15cds en 3 dvd’s uit, Davel 9 albums en 1 dvd, en beide Anna en Mathys sing beide al professioneel vir 20 jaar.

Jaconell Mouton sluit by hulle aan op klavier.

October 17 @ 20:0021:30

R160 – R180

Atterburyteater