28 November, 20:00 – 22:30
29 November, 20:00 – 22:30
30 November, 20:00 – 22:30
1 Desember, 20:00 – 22:30
2 Desember, 15:00 – 17:30
2 Desember, 20:00 – 22:30
3 Desember, 15:00 – 17:30

R160 – R180

Lefra se klugte is alreeds ’n jaarlikse instelling en in 2017 kan aanhangers uitsien na My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou. Die skreeusnaakse klug, onder regie van Suid-Afrika se eie klugkoning Frans Swart, speel af in ’n elegante pels-salon van Schaap, Schaap en Zuma in Sandton. Arno Schaap (Wynand van Vollenstee), ’n flambojante ekstrovert, beplan om die pragtige jong onkleedanseres Janie (Jennifer Myburgh) te verlei met behulp van ’n peperduur pelsjas. Ongelukkig vir Mnr. Schaap, is Janie getroud met Harry Vlok (Phillru van Achterbergh), wat sonder twyfel snuf in die neus sal kry as sy by die huis opdaag met ’n duur jas.

Dus verminder Arno die prys daarvan drasties en Janie probeer vir Harry oortuig om die jas vir haar aan te skaf, terwyl Arno dan die verskil in die prys persoonlik inbetaal. Harry besef dat die jas ’n winskoop is, en besluit om dit eerder vir sy skelmpie Sue Knoll (Anel du Plessis) te koop. Arno is uit die veld geslaan deur die onverwagse gebeure en hy en sy assistent, Chris Haasbroek (Botha Enslin), word verder in die verleentheid gestel as Janie haar klere uittrek en weier om die salon te verlaat sonder die jas.

Hulle histeriese pogings om die pels terug te kry en die naakte Janie te versteek, word verder omgekrap deur die onverwagse terugkeer van Arno se vrou, Maude (Marissa Claasen). En asof dit nie genoeg is nie, maak Sue se man André (Francois van Rensburg) ook sy verskyning. En dan val die Kommandeur Holberg en sy vrou (Rouel Beukes en Elma Potgieter) ook tydig en ontydig in!

Kunstenaars: Ana van Achterbergh, Anel du Plessis, Botha Enslin, Wynand van Collenstee, Marissa Claasen, Jennifer Myburgh, Francois van Rensburg, Phillru van Achterbergh, Rouel Beukes, Elma Potgieter

28 November, 20:00 – 22:30 Atterburyteater
29 November, 20:00 – 22:30
Atterburyteater
30 November, 20:00 – 22:30
Atterburyteater
1 Desember, 20:00 – 22:30
Atterburyteater
2 Desember, 15:00 – 17:30
Atterburyteater
2 Desember, 20:00 – 22:30
Atterburyteater
3 Desember, 15:00 – 17:30
Atterburyteater