7 April 2018, 19:00 – 22:00

R180 – R250

As gevolg van die agteruitgaan van die ekonomie en die staat se verminderde insette, is die beskikbaarheid van rekenaar toerusting in staats skole gebrekkig of soms afwesig. Dit is juis die geval in die staats skool in die Ooste van Pretoria nl. Lynnwood Ridge Primary. Die hoofdoel van hierdie projek is om voldoende fondse in te samel hierdie toerusting op te gradeer sodat dit meer effektief en betroubaar sal wees en so sal verseker dat die leerders meer sal leer en bereik.

Die totale opbrengs van die konsert sal aan hierdie skool geskenk word wat reeds ten spyte van die tekortkomings bo-gemiddelde resultate bereik. Tydens hiedie Musiekfees sal van die talentvolste kunstenaars optree, baie wat deelgeneem het aan die South African Idols kompetisie. soos Alton, Noma Khumalo, Loyiso Gijana, Keegan Martin, Rhema Varrie en Christo Daniels. Die Lynnwood Ridge Primary skool se orkes sal die konsert open, sodat hulle deel kan wees van hiedie projek.

 

7 April 2018, 19:00 – 22:00 Atterburyteater