8 Maart 2018, 20:00 – 21:30

R170 – R270

Op 8 Maart 2018 stel Leon Gropp (voorheen van die kitaarduo CH2) sy nuwe album “Rooidag – NP van Wyk Louw getoonset en gesing” bekend by die Atterbury Teater. Soos die titel voorstel, word van Louw se gedigte musikaal vertolk deur Gropp. Buiten die ritme en gravitas van sy kuns is dit Louw se intellektuele nalatenskap wat relevant bly, en in “Rooidag” word gedeeltes uit sy prosa interverweef met melodieuse gedigtoonsettings. Gropp word op die verhoog vergesel deur ’n 3 stuk orkes in die vorm van Klavier, Tjello en Tromme.

8 Maart 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater