5 June, 16:00 – 17:30 

R160 – R180

Laurinda Hofmeyr, een van Suid-Afrika se uitsonderlike musiektalente, het onlangs ’n nuwe CD “wat ek wou sê” vrygestel waarop poësie en musiek op ’n meesterlike manier ontmoet. Saam met haar groep bekende kunstenaars in hul eie reg – Schalk Joubert, Kevin Gibson en Mabet van Wyk – gee Laurinda Afrikaanse digters wat wissel van Leipoldt en Van Wyk Louw tot Toast Coetzer en Ronelda Kamfer se werke vlerke van musiek.

Gerhard van Deventer, eienaar van Incanda Meubels, is lank reeds ’n aanhanger van Laurinda se unieke styl en vir beide gaan dit oor veel meer as net ’n produk, dit gaan oor die storie(s) van ons land en sy mense wat vertel moet word. Laurinda se toonsettings van gedigte en Incanda se Suid-Afrikaans geïnspireerde meubels is beide hartsprojekte waar die skeppping van kwaliteit belangriker is as om suiwer hoofstroom te wees. Daarom bring Incanda met trots vir Laurinda na die Atterbury Teater en stel terselfdetyd hul meubels in die teater se foyer bekend.

Incanda ondersteun Laurinda verder by wyse van ’n spesiale aanbod op alle CD verkope die aand. Koop ’n nuwe CD teen R120 en kry ’n R120 geskenkbewys van Incanda Meubels verniet!

Atterburyteater