7 Mei, 17:00 – 18:30

R140

Jannie du Toit sing Jacques Brel se tydlose, beeldryke tekste in Afrikaans, Frans, Engels en Nederlands met begeleiding deur klavier, tjello en akkordeon. Brel se geniale beeldende skryfwerk kom hier na vore – ’n getuigskrif vir die ongeëwenaarde seggingskrag van die grootste chansonnier van die 20ste eeu.

Paul Boekkooi (Beeld, 15 September 2016)

‘Enigiemand met ’n verwysingsraamwerk rondom die egte Brel, sal saamstem dat Du Toit as sanger en kitaarspeler, Susan Mouton as tjellis en pianis en Coenraad Rall as pianis en akkordeonspeler kollektief daarvoor gesorg het dat hierdie een van die blinkste Brel-aanbiedinge is wat tot nog toe in Suid-Afrika op die planke was”

Atterburyteater