Bankbesonderhede vir skenkings
Rekening Atterbury Trust
Nedbank 1497004187
Takkode 149745
’n Artikel 18 A-sertifikaat sal aan jou uitgereik word vir die belastingvoordele van ’n skenking.
Wat ons kunstenaars sê

“Die Atterbury Teater vervul ‘n ongelooflike groot behoefte in Pretoria en staan uit as ‘n kwaliteit venue waar van die land se beste vermaak aangebied word. Nog ‘n unieke eienskap is ‘n omgewing met top-klas restaurante vir onthou-kuiers. Daar is geen beter venue om by op te tree of wat die tegniese en estetiese kwaliteite van die Atterbury Teater kan ewenaar nie; ‘n regte tuiste vir kunstenaars. Dit was ‘n voorreg om met die opening daar te kon optree, en ek hoop dat ek ook eendag op ‘n gawe r…
Anna Davel
“Die Atterbury Teater is hemels, omdat dit ‘n volwaardige teater is: tegnies goed toegerus, ‘backstage’ area vertref stoutste verwagtinge, uiters knap personeel. In ‘n neutedop: by die Atterbury teater voel ek as kunstenaar veilig om na die beste van my vermoë op te tree.”
Margit Meyer-Rödenbeck

“Atterbury Trust het dit moontlik gemaak om die eerste mobiele woordeboektoepassing vir Afrikaans te ontwikkel. Maar dis nie net die finansiering wat getel het nie. Die waarde van Louis en Zahn se persoonlike raad en bystand, hulp en ondersteuning is ver bo dié van enige geldelike bydrae. Baie dankie!”
Gerhard van Huyssteen, Uitvoerende Direkteur, VivA

“Van die heel begin van Cool Capital af, was daar een borg wat bankvas agter ons gestaan het. Die Atterbury Trust se aanmoediging, ondersteuning en entoesiasme was vir ons ’n besonderse ervaring. Ons voel verskriklik bevoorreg om mense soos Zahn van die Trust aan ons kant te hê.”
Carla Taljaard, projekkoördineerder, Cool Capital

“Atterbury Teater is een van die min teaters in Suid-Afrika wat moeiteloos voldoen aan die Europese standaard waaraan ek gewoond is. Die besieling van die mense wat daar werk is top en die venue self is vir kunstenaar en gehoor die ideale plek om die essensie van teater te ervaar. Teater moet ’n huis wees waar jy tuis voel… by Atterbury kom ek tuis.”
Stef Bos, internasionale kunstenaar

“As ek kon kies sou ek elke aand in Atterbury Teater wil sing, professioneel kan aan alles en almal in en om daai gebou gekoppel word.”
Joe Forster

“Wat ‘n voorreg om by ‘n teater soos Atterbury te kan optree. Alles omtrent die teater is top gehalte… Ek sal weer en weer teruggaan.”
Karlien van Jaarsveld

“Ek beskou die Atterbury as die beste konsertteater tans in die land vanweë sy sentrale ligging, netheid, puik toerusting, effektiewe personeel en fantastiese akoestiek. Daar is boonop hope veilige parkeerplek en verskeie uitstekende restaurante om by te eet. Die atmosfeer van die teater is heerlik en bevorderlik vir enige vorm van kuns.Lank lewe die Atterbury Teater!”
Danie Niehaus

“Dit is verblydend om te weet dat ’n reuse-organisasie soos Atterbury Trust ook passievolle belang het by die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.”
Dia van Staden, organiseerder, BoekeJol en FilmRolfees

“Die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie bied aan ons jong pianiste die kans om hul talent en vaardighede op die verhoog uit te leef. Deelname aan ’n kompetisie op nasionale vlak verg geweldige passie en baie tyd, en dit is ’n voorreg om hierdie toewyding met goeie prysgeld te kan beloon. Die bydraes van organisasies soos ons hoofborg Atterbury Trust maak dit moontlik.”
Marichen Kapp, mede-organiseerder, Atterbury Nasionale Klavierkompetisie