Bankbesonderhede vir skenkings
Rekening Atterbury Trust
Nedbank 1497004187
Takkode 149745
’n Artikel 18 A-sertifikaat sal aan jou uitgereik word vir die belastingvoordele van ’n skenking.
Wat ons kunstenaars sê
“Die Atterbury Teater is hemels, omdat dit ‘n volwaardige teater is: tegnies goed toegerus, ‘backstage’ area vertref stoutste verwagtinge, uiters knap personeel. In ‘n neutedop: by die Atterbury teater voel ek as kunstenaar veilig om na die beste van my vermoë op te tree.”
Margit Meyer-Rödenbeck

“Atterbury Teater is verseker een van die heel beste toegeruste teaters in Suid Afrika! My gunsteling! Verseker ‘n voorreg om in so ‘n teater op te tree
Bobby van Jaarsveld

“Wat ‘n voorreg om by ‘n teater soos Atterbury te kan optree. Alles omtrent die teater is top gehalte… Ek sal weer en weer teruggaan.”
Karlien van Jaarsveld

“Van die heel begin van Cool Capital af, was daar een borg wat bankvas agter ons gestaan het. Die Atterbury Trust se aanmoediging, ondersteuning en entoesiasme was vir ons ’n besonderse ervaring. Ons voel verskriklik bevoorreg om mense soos Zahn van die Trust aan ons kant te hê.”
Carla Taljaard, projekkoördineerder, Cool Capital

“Die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie bied aan ons jong pianiste die kans om hul talent en vaardighede op die verhoog uit te leef. Deelname aan ’n kompetisie op nasionale vlak verg geweldige passie en baie tyd, en dit is ’n voorreg om hierdie toewyding met goeie prysgeld te kan beloon. Die bydraes van organisasies soos ons hoofborg Atterbury Trust maak dit moontlik.”
Marichen Kapp, mede-organiseerder, Atterbury Nasionale Klavierkompetisie

“Ek voel oor die Atterburyteater, sy personeel en sy gehore, dat wanneer ek daar optree dit soos ’n tuiskoms is saam met familie. Die teater, met sy uitstekende toerusting en ambience, bied vir my as kunstenaar ’n plek waar ek steeds in optimum omstandighede my werk kan doen en veilig nuwe dinge uitprobeer.”
Laurika Rauch

“Atterbury Trust is die perfekte vennoot waardeur GrootFM 90.5 die breë Afrikaanse gemeenskap van Pretoria kan dien. Die impak van dié vennootskap het reeds honderde mense se lewens direk aangeraak en duisende luisteraars geïnspireer. Ons is dankbaar vir die Trust se bereidwilligheid om saam met ons te werk en sien uit daarna om in die toekoms nog groter projekte aan te pak wat ons gemeenskap blywend kan transformeer.”
Hardus Zevenster, Besturende Direkteur, GrootFM 90.5

“Atterbury Teater is een van die min teaters in Suid-Afrika wat moeiteloos voldoen aan die Europese standaard waaraan ek gewoond is. Die besieling van die mense wat daar werk is top en die venue self is vir kunstenaar en gehoor die ideale plek om die essensie van teater te ervaar. Teater moet ’n huis wees waar jy tuis voel… by Atterbury kom ek tuis.”
Stef Bos, internasionale kunstenaar

“As ek kon kies sou ek elke aand in Atterbury Teater wil sing, professioneel kan aan alles en almal in en om daai gebou gekoppel word.”
Joe Forster

“Atterbury Teater gee kunstenaars die geleentheid om weer in ‘n professionele, regte teater op te tree. Elke kunstenaar se droom!”
Mathys Roets