Kraakvars Classics

Kraakvars Classics

27 Augustus, 16:00 – 18:30

R180 – R200

Kraakvars Classics is ’n opwindende nuwe lig-klassieke musiekproduksie vir die kieskeurige musiekliefhebber aangebied in samewerking met die Atterbury Teater met soliste André Schwartz, Burgerd Botha, Henry van Dyk, Veramarie Meyer, Charlotte Kilian en Helena Ceronio. Tydens die produksie sal bekende en minder-bekende liedere uit die lig-klassieke genre uitgevoer word met begeleiding deur die pianis Engeli Le Roux en die Pretoria Simfonieorkes. Solo-liedere, wat deur elk van hierdie top kunstenaars uitgevoer word, sal afgewissel word met duette en ensemble werk. Die gedagte is om hierdie produksie ’n jaarlikse instelling te maak en ligte klassieke musiek ’n nuwe baadjie te gee en sodoende goeie kwaliteit musiek toeganglik te maak vir die breë publiek.

27 AugustusAtterburyteater

Leave a Reply