15 Maart 2018, 20:00 – 22:00

R165 – R185

Na ’n suksesvolle 4jaar toer van sy uitverkoopte sukses “Die Stripshow” is dit tyd vir Timothy Kieswetter om sy splinter nuwe een-man opvoedkundige komedie bekend te stel… KINDERSBY DOSYNE

“Kinders by Dosyne” is ’n eerlike en komiese blik op die uitdagings van ouerskap.

Soms voel dit asof jy jou kind net wil foeter… dis okay!

Solank jy net nie die volgende generasie opfoeter nie.

Kom lag en huil saam met my in my nuwe opvoedkundige komedie “Kinders by Dosyne” oor die uitdagings van moderne ouerskap en hoe om nog tyd te vind vir mekaar in die huwelik. Ek gaan vir jou die top 10 opfoeters uitwys wat ons as ouers onbewustelik doen teenoor ons kinders, wat eintlik hulle net opfoeter.

Hier is van die mense se terugvoer wat die openingsaand in Pretoria gesien het.

“Hulle sê laughter is the best medicine…. en ekt meer gelag gistraand as wat ek in ’n hele jaar gelag het! En dit vir die simpel goed wat my by die huis teen die mure uitdryf. “Celebrate the poop people!!”(inside joke-jy sal die show moet kyk!) so Timothy, dankie vir al die geld wat jy my spaar op happy pills, I’m good to go

Ek hoop daar’s ’n opvolg!!!”

“Timothy! Jyt jou game geup!!!! Wat ’n show die Stripshow was awesome, maar my maag spiere is vanoggend nog seer na Kinders by Dosyne! ’n Moet sien vir enige iemand met kinders in hulle lewe! Soveel waarheid in ’n bondel grappies. Almal moet dit kyk!”

“Ek het nog nooit so lekker gelag en geleer terselfde tyd. Die show is soooooo spot on!!! Wat lekker is ’n mens kan relate tot als. Ek het baie geleer en gaan beslis ’n ding of 3 verander. Ek dink hierdie “Kinders by Dosyne” is Timothy Kieswetter se beste show nog ooit. Ek het dit so baie geniet. Dit is ’n aanwins vir almal wat reeds kids het of wat even nou eers swanger is. #bestshowever”

Timothy se Boeke en DVD’s sal voor en na die vertoning te koop wees.

15 Maart 2018, 20:00 – 22:00 Atterburyteater