13 Desember, 20:00 – 22:00
14 Desember, 20:00 – 22:00

R190 – R230

Die hoogtepunt van die teaterjaar het aangebreek! Kersfees met Corlea & Jannie beloof om oud en jonk in die perfekte stemming, vir ‘n onvergeetlike Kersfees te bring! Met ‘n breë verskeidenheid populêre- asook gewyde kersmusiek, en pêrels skitterende poësie tussen die musiek ingeweef, sal Corlea en Jannie gehore betower en die vreugde van Kersfees, opnuut laat ervaar!

Hierdie galaproduksie bring Suid-Afrika se twee mees enigmatiese sangstemme byeen, vir die musikale hoogtepunt van die jaar, binne die skitterende Atterbury Teater, met sy uitmuntende klank en beligting. Ook omdat dit Kersfees is, kan gehore boonop ‘n hele klompie aangename verrassings tydens die konserte verwag!

13 Desember, 20:00 – 22:00 Atterburyteater
14 Desember, 20:00 – 22:00
Atterburyteater