24 Augustus, 19:30 – 21:30
25 Augustus, 19:30 – 21:30

R120 – R160

’n Droom is gebore ’n hele paar jaar gelede om ’n verskil te maak in die Suid-Afrikaanse kersmusiekmark. Om weer aanbidding terug te bring in kersmusiek. Om te kan sê: ‘Die koning van die heelal het aarde toe gekom’, is WOW! En WOW is aanbidding.

Toe Muller vir die Here sê dat wat ons nou doen, slegs ’n druppel in ’n emmer is, het die Here duidelik geantwoord: ‘Moenie die effek onderskat van ’n druppel INK in ’n emmer water nie.’

Huidiglik het ons 15 kunstenaars wat oorspronklike Suid-Afrikaanse kersmusiek gaan sing in ’n produksie wat ons noem ‘Dis weer KERSFEES in AUGUSTUS’. Al die liedere is hierdie jaar geskryf en in die meeste gevalle, word dit gesing deur die komponis.

Hierdie 15 liedere opgeneem en die CD word vrygestel tydens die produksie.

 

24 AugustusAtterburyteater

25 AugustusAtterburyteater