Twee legendes op een verhoog, een liefde vir ’n baie spesiale deel van die wêreld; in ’n totaal unieke uitvoering soos jy nog nooit beleef het nie… Dít is Karoo Suite, die breinkind van Coenie de Villiers en Deon Meyer, ’n ode aan die Karoo in woord en musiek. Atterbury is baie trots om hierdie “brokkie egte Suid-Afrikaanse vertelkuns”, soos Coenie dit noem, volgende week by die Atterbury Teater te kan aanbied. Dit gaan onmisbaar wees! Ons het by Coenie gaan hoor hoe dit alles bymekaar gekom het

 

Hoe het die idee agter Karoo Suite ontstaan; hoe het jy en Deon Meyer bymekaar uitgekom? En wat wou julle hiermee bereik? 

Die KKNK het my gevra om ’n oorspronklike debuutwerk te skep. Ek en Deon ken mekaar baie jare lank, en ons het gedink dis ’n lekker geleentheid om iets nuuts aan te pak. Hy is ook die verteller op die verhoog, en het ’n wonderlike teks geskryf: dis basies stories uit die hart van die Karoo. Oorspronklik wou ons die musiek en struktuur baseer op Vivaldi se Vier Seisoene, maar Deon het gelag: hy meen daar is net twee seisoene in die Karoo, en dis vrek warm en vrek koud!  Maar die stories uit die Karoo is natuurlik ‘n ander saak …

[gdlr_frame type=”border” align=”right” caption=”Deon en Coenie”][gdlr_image_link type=”image” image_url=”https://atterburytrust.org/wp-content/uploads/2017/11/20170729_103517.jpg” link_url=”https://atterburytrust.org/wp-content/uploads/2017/11/20170729_103517.jpg” alt=”https://atterburytrust.org/wp-content/uploads/2017/11/20170729_103517.jpg” width=”210px”][/gdlr_frame]

As iemand jou vra, “Soos wat is Karoo Suite”, wat is jou antwoord?

Moeilik om te beantwoord: dis eintlik soos geen bestaande genre nie. Daar is Deon wat sy pragtige teks en stories self op die verhoog vertel, en onder die teks het ek musiek geskryf wat ons saam met die orkes uitvoer. Dan is daar Deon se pragtige fotografie wat die stuk toelig. Dus is die Karoo Suite eintlik ’n stukkie teater, ’n brokkie egte Suid-Afrikaanse verhaalkuns uit die pen van die wêreld se mees suksesvolle spanningsskrywer, mooi beelde uit die Karoo, en les bes hopelik musiek wat mense se hartsnare sal roer!

Waar kom die naam vandaan? Was dit van die begin af wat julle hierdie projek genoem het, of was daar inkarnasies?

Hy het dadelik sy sit gekry …

Hoeveel keer het julle Karoo Suite al opgevoer? Dit het by KKNK gedebuteer, reg? Voel jy dit raak meer geslyp, en is dit iets waarna jy streef?

Dit het baie suksesvol by die KKNK gedebuteer, en dis suksesvol in die Vrystaat opgevoer.  Dit voel vir ons asof dit elke keer ’n bietjie meer geslyp aangebied word.  Die Atterbury Teater is die perfekte verhoog vir die vertoning, veral met die tegniese infrastruktuur wat hier beskikbaar is vir die oudio-visuele aspekte van die vertoning.

Wat is jou gunsteling-lyn of gunsteling-storie uit Karoo Suite? Kan jy vir gehore ’n “teaser” voorsmakie gee?

Ek gaan niks weggee nie, maar al die stories is waar.  Daar is ’n pragtige verhaal van ’n doodkis, vloedwater, ’n man van edel inbors … nee, ek gaan nie die storie weggee nie!

Waarop wil jy gehore attent maak as hulle na die uitvoering kom kyk? Waarvoor moet hulle uitkyk of-luister?

Hulle moet eenvoudig net geniet: dis hopelik ’n eerlike, outentieke en boweal mooi vertoning, wat eg Afrikaans is. En die musikante wat saamspeel, is die heel beste spelers in Suid-Afrika!

[gdlr_frame type=”border” align=”left” caption=”Karoo Suite plakkaat”][gdlr_image_link type=”image” image_url=”https://atterburytrust.org/wp-content/uploads/2017/11/Karroonag-poster.Kleiner.jpg” link_url=”https://atterburytrust.org/wp-content/uploads/2017/11/Karroonag-poster.Kleiner.jpg” alt=”https://atterburytrust.org/wp-content/uploads/2017/11/Karroonag-poster.Kleiner.jpg” width=”210px”][/gdlr_frame]
Wat is jou gunsteling Karoo herinnering as jy in jou persoonlike geskiedenis terugkyk?

Ek en Deon is baie lief vir die Karoo en ons het albei huise in die Karoo waar ons heen wegbreek uit die stad. Die Karoo is mos soos ’n vrou wat nie baie mooi is nie, maar kyk, sy het ’n fantastiese persoonlikheid! En hoe langer jy haar ken, hoe mooier word sy. Eendag as jy weer kyk, is sy die mooiste vrou op aarde …

 Hoe volg mens iets soos Karoo Suite op? het julle nog idees vir saamwerk?

Ons is albei aangenaam onkant betrap deur die sukses van die vertoning, en kyk nou maar die aap uit die boom.  Daar is ’n paar idees op die tafel, maar dis te vroeg om te kan sê.

 

Karoo Suite word volgende week drie keer by Atterbury Teater aangebied: Woensdag 8 November om 20:00; en Donderdag 9 November om 17:30 en 20:30. Kaartjies by Computicket teen R170 en R190, of skakel 012 9425951.