24 Maart, 20:00 – 22:30
25 Maart, 20:00 – 22:30
26 Maart, 15:00 – 17:30

R120 – R160

Ná hul vorige oorspronklike album Vars Uitgekerf – wat in 2012 as beste kontemporêre album by die Tempo toekennings aangewys is – is Kaleidoskoop na vier jaar terug met ’n splinternuwe oorspronklike album genaamd Gunsteling Seisoen.

Soos oudergewoonte kan jy die magiese atmosfeer van Kaleidoskoop se lewendige vertonings te wagte wees. Wees ook gereed om weggevoer te word deur ’n swetterjoel van instumente wat verskeie kitare, ukulele, mandolien, glockenspiel, trekklavier, ’n stryk-kwartet, klavier, baskitare, perkussie en banjo sal insluit.

Elf oorspronklike snitte, met titels soos Somerreën, Die Goeie en Vlugvoetig, asook verwerkings van twee bestaande Engelse liedjies – wat gereeld by hul vertonings deur gehore aangevra is om op die volgende album te verskyn – gaan deel uitmaak van hierdie juweel – wat dan ook by die vertoning te koop sal wees.

“Ons het met ons vorige oorspronklike album bietjie geëksperimenteer met ligte elektroniese klanke, maar tog nie ons akoestiese aanslag prysgegee nie. Met Gunsteling Seisoen het ons ’n bietjie wegbeweeg van die elektroniese styl en sterk gewoeker met ons diepgewortelde akoestiese aanslag.”

“Ons kan met groot opgewondenheid sê dat luisteraars kan uitsien na ’n album, wat hulle met elke luisterslag op ’n ander roete sal neem as gevolg van die besonderse detail in die musiek en verwerking daarvan. Die digte inhoud van die lirieke, asook die groot verskeidenheid van liedjies, sal sorg dat mense vir lank nog deur die album weggevoer sal word.” 

24 Maart, Atterburyteater
25 Maart, Atterburyteater
26 Maart, Atterburyteater