Ek is nou 2 jaar en 8 maande by Philips. Ek is oorspronklik aangestel as “Indirect Business manager” vir Afrika, en het intussen ‘n promosie gekry na “Sales specialist for Anaesthesia for Africa”.

Philips het my indiens geneem om twee splinternuwe besighede naamlik Ventilasie en Narkose op die been te bring en te “launch” in Afrika. Hulle het twee nuwe maatskappye oorgekoop, en dit was ‘n veld wat totaal nuut was vir hulle. So ek moes strategie en planne uitwerk om die produkte vry te stel en suksesvol in die Afrika mark in te bring. Ek was die enigste person in Afrika wat die taak beheer en aangevat het.

Die ventilasie besigheid het baie vining baie gegroei, en ek het goedkeuring gekry om ekstra mense in diens te neem om van my take oor te neem. Intussen het ek meer focus kon insit in die narkose.

Vandag fokus ek slegs op narkose, en die besigheid groei ook baie vinniger as wat ek gedink het dit sou. En ek nou het ‘n span van 12 mense wat aan my rapporteur en 29 distributors wat indipendantly besigheid doen.

Ek is ongeveer 2 weke in ‘n maand uit die land uit (Siende dat ek 54 Afrika lande en die 5 omliggende eilande bestuur). My werk is om die markte gereed te kry vir die vrystelling van die nuwe produkte (Seker te maak ons het al die nodige registrasies ondergaan en dat die regte produkte in die regte markte “launch”), en ook om die maatskappye wat namens Philips verkoop in hierdie lande op te lei en te verseker dat hulle al die nodige kennis, materiaal en sisteme in plek het om die toerusting te verkoop en te onderhou.

Ek was erkenning gegee in Philips vir die feit dat ek die enigste narkose en ventilasie spesialis in die wereld was, en dit op ‘n ouderdom van slegs 28. Vandag is ek die jongste lid van die Afrika bestuur span en geniet elke oomlik van my werk, al is die ure baie lank, al lewe ek uit ‘n tas meeste van die tyd, en moet ek na lande toe gaan wat nie juis die veiligste is nie…

As dit nie vir Atterbury Trust se beurs en ondersteuning was nie weet ek nie waar ek vandag sou wees nie. Ek sou seker nou nog besig wees om die “fight up the ladder” te baklei net om ‘n eenvoudige mediese rep te wees… Maar te danke aan my kwalifikasies het ek oorweldige groei beleef in my beroep en talle erkennings ontvang.

Ek is elke dag dankbaar vir Atterbury Trust!