29 April 2018, 18:00 – 20:30

Gratis

Johandre Potgieter is deur God as ‘n Evangelis geroep en reis nou grootliks om die Evangelie van Jesus Christus te verkondig.

Hy het ‘n unieke getuienis en boodskap wat jong en oud bedien. Johandre sal op Sondag 29 April in Pretoria by die Atterbury-teater wees, waar hy ‘n “event” genaamd “Jou Nuwe Begin” sal aanbied. Hy glo dat een ontmoeting met Jesus jou lewe kan verander en jou in jou nuwe begin in Christus Jesus kan voortbring.

Die geleentheid is gratis en begin om 18:00.
Kom vroeg, aangesien sitplekke beperk is.

 

29 April 2018, 18:00 – 20:30 Atterburyteater