28 Julie, 20:00 – 22:00 

R140 – R140

Op 28 Julie 2016 bied Margy Pretorius- Schwarzkopf Professional Mrs South Africa Finalis, ’n Cuppa For Cansa met ’n verskil aan. Dit gaan ’n aand wees gevul met musiek en kuns wat beloof om oud en jonk te bekoor.

Corrazerwas en Lizandra Winter sal afsonderlik deel uitmaak van die voorskou, terwyl  Joshua Na Die Reen die verhoog sal betree as hoofkunstenaar.

Oorspronklike kunswerke deur die talentvolle kunstenaar “Mies” sal ten toon gestel word en een van haar werke sal ook opgeveil word ten bate van Cansa tydens die vertoning.

Kom geniet ’n heerlike aand saam en ondersteun hierdie wonderlike organisasie. Ontmoet n paar van die Mrs SA finaliste en kom bederf jou sintuie met kuns en musiek uit die boonste rakke.

28 Julie – Atterburyteater