22 Julie 2018, 18:30 – 20:00

R150

Die vertoning, Joir de Vivre (Chansons de France) is die resultaat van die samevoeging van drie uiteenlopende kunstenaars en van die mooiste Franse liedjies. Kom ervaar n Opera Divo, ’n Franse “crooner” en ’n cabaret meesteres met ’n asemrowende mengsel van Franse liedjies van Piaf en Brel regdeur tot moderne  Franse treffers. Die sangers Roland Buchanan, Phillipe Abalovi en Natasha C word begelei deur die La Africa strykkwartet en die Marope Ya Africa koor.  Met unieke orkestrasie so vars soos Chardonnay kan ons uitsien na ’n eksotiese skouspel, ’n konsert vir die hart en siel. Kom vier die vreugde van die lewe met beeldskone musiek op 22 Julie by die Atterbury Teater om 18h30.

22 Julie 2018, 18:30 – 20:00 Atterburyteater