3 April, 16:0017:30

R140- R160

Die Afrikaanse musiekbedryf beskik oor werêldklassangers, iets wat weer eens bewys word deur Jannie Moolman en Corlea se jongste album “Alle paaie lei na Rome”. Dit is hul eerste gesamentlike album en bevat ’n paar nuwe snitte wat spesiaal vir hulle geskryf is deur Ewald Coleske en Johan Vorster; asook klassieke gunstelinge soos Barcelona, Nessum Dorma, Time to Say Goodbye, The Prayer en Jerusalem.

Die resultaat is ’n album soos wat jy nog nooit in Afrikaans gehoor het nie: meesterlik, maar toeganklik vir alle gehore.

Jannie, wat al verhoë gedeel het met die legendariese Pavarotti en wêreldklas-soprane soos Marieta Napier en Mimi Coertze, beskou Corlea as die beste in haar genre in Suid-Afrika.

Corlea en Jannie het in 2011 die heel eerste keer saam opgetree by die KKNK, en het ook sedert 2012 Afrikaans is Groot-gehore op hul voete gehad elke keer wanneer hulle saam sing.

Die titelsnit Alle paaie lei na Rome is spesiaal vir Jannie en Corlea se optrede by Afrikaans is Groot 2014 geskryf, maar weens omstandighede kon hulle dit nie daardie jaar daar sing nie. Vir Corlea het die liedjie juis daarom ekstra spesiale betekenis. “Die Here se tyd is altyd perfek – nou kon dit die wegspringblok wees vir hierdie wonderlike projek.

Atterburyteater