Jakkie Louw vat jou op ‘n lewensreis deur ou New York New York se Broadway en deur ou Hollywood se strate waar ol’ blue eyes as jong man kon harte steel met ‘n paar note en ‘n verleidelike glimlag. As jy jou oë toemaak staan jong Frank Sinatra voor jou op die verhoog en sing sy hart uit. Met Jakkie se multimedia vertoning met ‘n vol band, raak jy weer van voor af verlief op goeie musiek. Jakkie het meer as 6 maande se navorsing gedoen om die stories van die liedjies en Frank Sinatra bymekaar te kry om hierdie ongelooflike vertoning op die planke te bring.

Jy mag dalk ook ‘n traantjie pik met die stories oor Sinatra se bekendste liedjies. He just did it [his] way…!! Kom saam met ons op hierdie ongelooflike reis.