17 February, 20:0021:30

R140 – R160

Jak de Priester se produksie vir 2016 heet “Ek sny dit af.” Dit bevat 7 splinternuwe komposisies, 2 treffers, 2 liedjies was mense laat skater, maar wat nooit op radio of televisie mag gespeel word nie, ’n tv-temalied en ’n alternatiewe sportsliedjie. Maar die liedjie wat die grootste impak maak onder gehore die laaste paar maande, (nog nie opgeneem nie, slegs by konserte), is die liedjie BOERVROU. Splinternuut. Geskryf vir elke Afrikanervrou op hierdie aarde. Om dankie te sê.

Jak de Priester bring ’n splinternuwe show op die planke wat sy aanhangers sal laat les opsê van lekkerte en nostalgie, trane en trots en saam met hom hulself afsny van die wereld, sal lag oor situasies in ons land en sal kan nostalgies raak oor wat belangrik is.

Saam op die verhoog is die talentvolle pianis, Altus Muller en die fenominale kitaarspeler, Heinrich Pelser.

Atterburyteater