29 Julie 2018, 17:00 – 18:30

R160 – R180

Jak de Priester se produksie – Die Winterkonsert, bevat 90 min van sy nuutste liedjies en stories oor mense en plekke in ons reënboogland. Sy nuutste album met dieselfde titel, wat in September 2017 die lig gesien het, bring liedjies wat weereens die hartsnare op verskeie maniere sal roer. Die album is ook benoem vir ’n GHOEMA Toekenning vir Beste Kontemorêre album. Jdp het die laaste 16 jaar bekend geraak as ’n sanger/liedjieskrywer wat sy aanhangers een oomblik kan laat lag en minute later ’n onverwagte traan sien wegpik. Hierdie produksie doen dieselfde. Jdp weet goed om die gehoor op ’n reis te neem na die oorsprong van sy liedjies. Die Winterkonsert  is ’n oorspronklike produksie deur ’n gesoute sanger/liedjieskrywer, Jak de Priester, wat sy eie stories sing en vertel. Die ‘Pasop’ liedjie ’n opvolg op sy treffer ‘Ek sny dit af’ is reeds ’n gunsteling by gehore regoor die land.

29 Julie 2018, 17:00 – 18:30 Atterburyteater