16 Julie, 18:00 – 19:00

R150

Na ’n brutale dekade van rock ’n roll, 5 vollengte albums, verskeie tromspelers, ’n klomp gesogte toekennings, internasionale toere na plekke soos Taiwan en Europa, openingskunstenaar vir groot name soos Metallica, het Van Coke Kartel besluit dit is tyd  om dit ’n dag te roep. Die groep het 16 maande laas saam ’n lewendige vertoning gedoen en in plaas daarvan om net stilweg te verdwyn, beplan hulle om met ’n ‘bang’ uit te gaan met ’n finale toer in Julie 2017.

Vir die finale sal die Kartel herenig met ex-tromspeler Jason Oosthuizen om die ‘line-up’ te voltooi waarvoor hulle bekend was vir die grootste deel van hulle 10 jaar bestaan. Toe Fokofpolisiekar ’n blaaskans geneem het in 2007, het Francois van Coke en Wynand Myburgh die geleentheid gebruik om Van Coke Kartel te begin. Jedd Kossew het ’n voltydse lid geraak en sy byvoeging het Van Coke Kartel se lewendinge optredes in ’n ander dimensie in geneem.

Van Coke Kartel se energieke, geen-nonsens rock ’n roll vertoning word gevier as ’n hoë-energie skouspel. Moenie hierdie geleentheid mis om hulle lewendig te sien vir die laaste keer nie!

16 JulieAtterburyteater