7 April 2018, 10:00 – 13:00

R80

ʼn Reuse storm het die land van Kammalielie getref. Was dit dalk Bambino, die reus van Bitterbos, se allemintige nies wat als begin het? Feëtjies en kabouters is wild en wakker weggewaai; éen van hulle tot binne-in menseland! Sal Klara die feëtjie, weer haar pad terug Kammalielieland toe vind? Sal iemand in menseland haar kan help om by haar heel beste maatjie, Kieliekabouter, uit te kom?

Kom kuier saam met Anna Davel in die land van Kammalielie en help die verdwaalde feëtjie Klara, tot sy weer veilig in haar huisie is saam met Kieliekabouter en al haar kleurvolle Kammalielie-vriende.

7 April 2018, 10:00 – 13:00 Atterburyteater