28 November, 20:00 – 21:30 

R180 – R200

Nataniël se onwrikbare geloof in feesvier kry gestalte in sy nuutste vertoning, HOW TO BREAK A BONE. Nataniël glo dat gereelde feestelikhede nie net broodnodig is vir liggaam en siel nie, maar ook vir die kultuur en geskiedenis van elke familie: Van Kersfees tot Nuwejaar tot verjaarsdae, herdenkings, bevordering, inwydings, verlowings, troues, reünies en genesing.

HOW TO BREAK A BONE laat niks onaangeraak nie, van ’n wensbeen tot murgbredie tot ballet vir bejaardes. Met splinternuwe musiek, stories in beide Engels en Afrikaans, unieke kostuums en ’n span uitstekende musikante bied Nataniël ’n vertoning wat geen fynproewer kan misloop nie.

Geen kinders onder 15, selfone of kortbroeke word toegelaat nie. Wees gewaarsku!

HOW TO BREAK A BONE is te sien vanaf 28 November tot 3 Desember by die Atterbury Teater.

Atterburyteater