31 Januarie 2018, 20:00 – 21:30

R100

Toe wel-bekroonde skrywer en vervaardiger Deon Opperman vir Matt gevra het om ’n vertoning te doen oor Elvis Presley se musiek, het Matt die geleendheid met albei hande aangegryp. Hy het slegs een voorwaarde gehad. Hy wou die huldeblyk vanaf sy eie perspektief opvoer, in plaas daarvan om net weereens ’n sanger in ’n “catsuit” te wees. Deon het ingestem en Hound Dog spesefiek vir Matt se aanleg vervaardig. Hound Dog is ’n energieke 75 minute lank sonder ophou. Buiten die lekker melodieë, Matt se bekoorlike persoonlikheid en spitsvondige kommentaar, fokus die stuk ook op interessante gebeure oor Elvis se lewe. Hound Dog is vir die hele gesin, oud en jonk en ook vir dié wat nie spesefiek Elvis se musiek aanhang nie. Soos een tiener na een van Matt se vertonings opgemerk het: “Ek het nooit gedink ek sal ooit van Elvis se musiek hou nie. Dis te lank voor my tyd. Nou is ek mal daaroor.”   

31 Januarie 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater