Baie geluk aan Lené van Heerden, ‘n graad 12-leerling by Hoërskool Swellendam

Iemand om die bos leiBeoordelaar, Diek Grobler, motiveer soos volg:

Ek hou van die gevoel wat jy geskep het met “Iemand om die bos lei”, “As dit pap reën moet jy skep” en “Klakous”. Dit lyk na polaroid foto’s (outydse kitsfoto’s wat op die plek ontwikkel is. (Ken jy dit? Indien nie, Google dit.) Ek sou voorstel dat jy al jou idiome so behandel: met so ʼn wit raampie om en die titel onder-aan die foto geskryf. Dan werk hulle almal saam as ‘n reeks, en verleen ‘n sterk deurlopende identiteit aan jou werk.

Sy wen ʼn Oorspronklike kunswerk van Diek Grobler ter waarde van R 3 500, geborg deur Atterbury Trust