6 April, 11:00 – 12:00

Dit is dan nou sesuur en hier volg ’n baie belangrike aankondiging! Haas Das se Nuuskas, dit is nou EK en my dierevriende kom kuier binnekort in Menseland… Hier volg ’n nooduitsending – regstreeks…Boeboe Bobbejaan is weg! Skoonveld weg! Sy même, Bettina Bobbejaan is in ’n toestand!

Ons vra dat ALMAL, en dis nou JULLE, moet kom help met die groot soektog na ons geliefde klein Boeboe Bobbejaantjie!

Haas Das is geen vreemdeling in Suid-Afrikaanse huise nie.

Almal van Menseland wat Haas Das kan onthou (sowel as die wat Haas Das nie kan onthou nie) sal verheug wees dat die mees-geliefde nuusleser van Diereland en sy assistent, Piet Muis, asook al die ander skreeu-snaakse karakters soos Grootoom Flapoor Olifant, Koning Leeu, Stinkie Muishond, Moeder Raaf, Bettina Bobbejaan en haar twee kinders Bakkies en Boeboe Bobbejaan en Hoohoef Hiëna, hulle manewales weer met ons kom deel!

Atterburyteater