1. Wie is jy?

My naam is Ninetté van Graan. Ek is al vir vier jaar gelukkig getroud met my sielsgenoot Quintis van Graan. Ons het twee klein engeltjie dogtertjies Amika (2) en Skyler (9 maande).

2. Wat studeer jy?

Ek is een van Atterbury Trust se alumni-studente en het my BSc Honneurs graad in Bourekenkude ’n paar jaar gelede aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Ek werk huidiglik as a bourekenaar by Muti-Net Systems hier in Pretoria.

3. En wat is die “goeie nuus” wat jy graag met ons wil deel?

Ek was baie geseënd om ’n geleentheid te kon kry om te gaan studeer, met die hulp van Atterbury Trust. Ek kom nie uit die beste omstandighede nie, maar glo nog altyd dat ’n mens bó die storms van die lewe kan uitstyg en ’n sukses kan maak van alles. Een van die gesegtes waarvolgens ek probeer leef is: “We make a living by what we get, we make a life by what we give”.

My hart lê by ons jeug van vandag en daarom probeer ek hulle help waar ek kan.

Hierdie jaar het ek gehelp om geld in te samel om skryfbehoeftes en kos aan te koop vir die kindertjies van Beyers Bytjies Pre-primêre skool in Danville. Ek is ook besig met ’n Kersboom insameling om kersgeskenkies vir van die kinders van Christelik-Maatskaplike Raad Pretoria Wes (www.cmrn.co.za) te koop.

GOEIE NUUS – Ek is só opgewonde dat daar nog baie goedhartige en vrygewige mense is wat mekaar wil help en nie eers twee keer daaroor hoef te dink nie :)

Luister hier na die onderhoud