Een ding wat ons in al die jare met Atterbury Trust se beursfonds geleer het, is dat in ons land geweldig ryk aan talent is – jongmense wat, as hulle net die kans gegun word, alles sal insit om hul volle potensiaal te bereik. Die hart wil breek by die wete dat daar duisende ander is wat bloot weens omstandighede nooit daardie kans kry nie, en dit laat mens besef watter voorreg ons het om ‘n verskil te kan maak in die lewens van dié studente wat ons pad kruis. Soos baie van ons beursstudente is 19-jarige Ally Jooste se storie een van trots en harde werk en die beste maak van elke geleentheid wat na haar kant toe kom. Sulke vasberadenheid kan net sukses tot gevolg hê!

Vertel ons bietjie van jou agtergrond.
Ek is gebore in Kimberley in die Noord-Kaap, en het tot ek nege en in Graad 3 was daar by my ouma gewoon. Toe trek ons na Boshof, ‘n klein dorpie in die Vrystaat. Aan die einde van Graad 6 het ek en my ma besluit dat dit beter sou wees as ek by haar in Pretoria kom bly waar sy werk. Ek het Graad 7 by Laerskool Silverton voltooi en het toe die geleentheid gekry om na die die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria te gaan. Ek het in 2015 daar gematrikuleer met vyf onderskeidings. Ek is die oudste van drie kinders (een boetie, een sussie) en die eerste een in my family om tersiêre onderrig te kry.

Hoe het jy besluit op jou vakrigting?
Op hoërskool het ek die beste rekeningkunde-onderwysers gehad, wat dit maklik vir my gemaak het om van die vak te hou. Ek het BCom (Rek) gekies omdat dit my nie in ‘n boksie plaas wanneer dit kom by ‘n beroep nie – anders as byvoorbeeld ‘n dokter wat net ‘n dokter kan wees. Met hierdie graad kan ek basies enige werk in die sakewêreld doen; en ek sien myself juis nie as ‘n boksie mens nie, maar eerder as ‘n “Jack of all trades”. En dan ook, omdat ek uit ‘n baie arm agtergrond kom, gee hierdie graad my die geleentheid om na finansiële vryheid te streef.

Hoe het jou paaie met Atterbury s’n gekruis?
Ek het in my eerste jaar geen finansiële bystand gehad nie. My matriekuitslae het my gekwalifiseer vir akademiese afslag, en dis hoe my eerste jaar se studies gedek is. Ek het by soveel plekke aansoek gedoen vir beurse en/of studielenings en is by elke liewe een weggewys! So halfpad deur my eerste jaar was dit my realiteit dat ek nie verder sou kon swot nie omdat ek dit nie kan bekostig nie. Susan Tintinger (‘n ongelooflike vrou wat iets in my sien wat ek soms glad nie kan sien nie) het my vertel van die Atterbury Trust en vir my aansoekvorms gebring in 2016. Ons was albei teen hierdie tyd baie moedeloos, maar Tannie Suzie het gesê ons moet net nog een keer probeer en die slegste wat kan gebeur is net nog ‘n “nee”. Ek was toe al so gewoond aan daardie “nee”, maar toe was Atterbury Trust daar aan die einde van my donker tonnel!

Toe jy klein was, wat wou jy eendag word?
Ek wou so graag op TV wees… Nie noodwendig ‘n aktrise nie, meer soos ‘n geselsprogramaanbieder – ek praat baie!

Wie is jou rolmodel?
Ek bewonder die Amerikaanse digter Maya Angelou geweldig; sy is ‘n fenomenale vrou. Sy het haar drome gevolg en haarself bevry; iets wat ek so graag wil doen. Ek is ook mal oor haar gedigte en het een van hulle, “Still I rise”, op my linkergewrig laat tatoeëer om my te herinner dat ongeag wat in die lewe gebeur, ek altyd daardeur sal kom!

Wat is die beste les wat jou ouers jou geleer het?
My pa was nooit deel van my lewe nie en ek en my ma het onlangs bietjie van mekaar weggedryf. So ek sal sê my ouers het my geleer om baie selfstandig te wees, om my eie grootste aanhanger te wees, en om altyd te doen wat die beste sal wees vir my en my toekoms.

Gestel jy kry ‘n opdrag om iemand jonger as jy te inspireer, wie sal dit wees en hoe sal jy dit doen?
Ek werk so hard om my boetie en sussie te wys dat hulle ook ‘n kans het. Alhoewel ons baie minder het as die meeste mense, as ons hard werk en in onsself glo, kan ons ook enigiets word wat ons harte begeer.

Studente sê altyd een van die grootste uitdagings vir ‘n nuweling op universiteit is om jou tyd reg te bestuur. Stem jy saam? As jy vyf ekstra ure in die dag kon kry, wat sou jy daarmee doen?
Definitief! Ek sal drie ure gebruik om op te vang (want op universiteit is jy altyd iewers agter met iets) en met die ander twee ure slaap inhaal!

Wat is jou droom vir jouself – waar sou jy graag oor 10 jaar wou wees?
My grootse droom nou is om my kwalifikasie as geoktroieerde rekenmeester binne die voorgeskrewe sewe jaar te kry! Ek sien myself oor 10 jaar as ‘n gekwalifiseerde CA wat by een van die groot vier firmas werk en finansiële vryheid het!

Ons wonderlike netwerk van skenkers maak dit vir ons moontlik om studente soos Ally die hupstoot te gee waarmee hulle hul toekoms bou, en ook die toekoms van Suid-Afrika. Jy kan deel word van hierdie netwerk deur ‘n belastingaftrekbare skenking te maak; doen dit hier.

Ally se inspirasie:

Still I Rise – Maya Angelou

You may write me down in history
With your bitter, twisted lies,
You may trod me in the very dirt
But still, like dust, I’ll rise.

Does my sassiness upset you?
Why are you beset with gloom?
’Cause I walk like I’ve got oil wells
Pumping in my living room.

Just like moons and like suns,
With the certainty of tides,
Just like hopes springing high,
Still I’ll rise.

Did you want to see me broken?
Bowed head and lowered eyes?
Shoulders falling down like teardrops,
Weakened by my soulful cries?

Does my haughtiness offend you?
Don’t you take it awful hard
’Cause I laugh like I’ve got gold mines
Diggin’ in my own backyard.

You may shoot me with your words,
You may cut me with your eyes,
You may kill me with your hatefulness,
But still, like air, I’ll rise.

Does my sexiness upset you?
Does it come as a surprise
That I dance like I’ve got diamonds
At the meeting of my thighs?

Out of the huts of history’s shame
I rise
Up from a past that’s rooted in pain
I rise
I’m a black ocean, leaping and wide,
Welling and swelling I bear in the tide.

Leaving behind nights of terror and fear
I rise
Into a daybreak that’s wondrously clear
I rise
Bringing the gifts that my ancestors gave,
I am the dream and the hope of the slave.
I rise
I rise
I rise.