11 Julie, 20:00 – 21:20 

R160

In ’n tyd van middelmatige Afrikaanse musiek in die 80’s het Ralph Rabie, oftewel Johannes Kerkorrel, verrys, om te help om die mense van ons land se bewustheid aan te wakker. Terwyl PW Botha sy vinger geswaai het, het Kerkorrel onverskrokke voortgegaan en ’n skatkis van musiek nagelaat, van die satiriese “Sit dit Af”, tot die Stem van n nuwe generasie, die ikoniese Hillbrow. In “Gee jou Hart vir Kerkorrel” kom ’n klomp groot musikante bymekaar om hulde te bring aan hierdie groot figuur.

Die groep musikante bestaan uit: Kyle Grant (Adam), Elizca Coetzer, Ghapi, Nathan Smith, Marius Marais, Leon van Zweel, Cobus Burger en Junior J Botha.

Met bostaande lys van professionele vakmeesters, gekombineer met die gehalte van Kerkorrel se musiek, is hierdie n vertoning wat nie misgeloop moet word nie.

Atterburyteater