Cool Capital 2014 in samewerking met Open Window bied ‘n konsert van uitsonderlike Franse musikale werke aan vir stem, klavier en film met onder andere musiek deur Debussy, Fauré, Messiaen, Massenet en Satie. Hierdie evokatiewe wysies wat jou bybly sal deur Anneke Lamont op klavier en Merryl Monard op fluit gespeel word. Die vertoning sal op dieselfde wyse evokatiewe beeldmateriaal vertoon wat deur die Open Window Departement van Filmkuns geskep is. Films deur Kelly Daniels, Travis Cleevely, Luke Menzel, Karien Mulder, Adriaan de la Rey, Gerhard Roeloffze en Ivan Janse van Rensburg sal vertoon word. Onder kuratorskap van Pluto Panoussis.

 

Kaartjies beskikbaar by Computicket of 012 471 1700

8 September

19:00

R100 + R80