10 Julie, 18:00 – 19:30 

R150

Francois van Coke het bekendheid verwerf as die hoofsanger van die gevierde rock groepe, Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, en is een van Suid-Afrika se mees legendariese kunstenaars. Hy het vir die afgelope 10 jaar gehore betower en ’n honger in hul wakker gemaak vir nog meer.

Gedurende sy loopbaan as hoofsanger van hierdie Afrikaanse rock groepe, het Francois sewe vollengte albums en drie EP’s vrygestel.  Hy het het al saam met Jack Parow, Die Antwoord en Die Heuwels Fantasties saamgewerk; en het al die verhoog met internasionale name soos Foo Fighters, 30 Seconds to Mars, Metallica en Seether gedeel.  Hy het 4 SAMA-toekennings en vele MK-toekennings ontvang.

Hy het sy selfgetitelde debuut solo album en musiekvideo vir Toe Vind Ek Jou ft Karen Zoid laas jaar in April bekendgestel en die reaksie was fenomenaal.

Francois het ’n ongelooflike groep musikante bymekaar gemaak om die liedjies van sy solo album saam met hom op te voer.

Atterburyteater