Op 7 April 2016 bied die Atterbury teater, Lynnwood Bridge Pretoria, ‘n fondsinsamelings konsert, met twee van Suid-Afrika se geliefste sangers; André Schwartz en Arina De Witt aan. Die Atterbury trust en Atterbury teater is die hoof borge van die aand en alle kaartjie verkope gaan aan die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA).

Die vertoning sal 80 minute duur, sal gevul wees met van die mooiste musiek vir die siel en begin om 19:00. Veeltalige musiek sal opgevoer word in Afrikaans, Engels, Frans en Italiaans. Kaartjies kos R150 per persoon en is verkrygbaar by Computicket.

“ KANSA is opgewonde,  om in samewerking met die Atterbury teater, hierdie fantastiese, eenmalige vertoning aan te bied. Moet dit nie misloop nie, nooi jou vriende en familie saam om te deel in die “Enchanted evening” uitgevoer deur André Schwartz en Arina De Witt”  sê Munnik Marais, KANSA se Korporatiewe-verhoudings bestuurder.

André Schwartz, wat die Sir Andrew Lloyd Webber stempel van goedkeuring as een van die wêreld se beste Phantoms in Phantom of the opera, dra  het al 13 solo CD’s die lig laat sien, waarvan vele goue status bereik het. Hulle wissel van kontemporêre Afrikaans, Musiekblyspele tot Big Band.  Menigte van André se oorspronklike liedjies is al volkome volksbesit soos Lief Vir Alles Hier, Ek Wil Jou Nooit Weer Sien, Kom Terug en Met jou in my Lewe.

Arina de Witt se sangloopbaan strek oor baie jare. Sy is alombekend vir verskeie albums, televisie- en landswye verhoogoptredes van formaat. Haar wye stemomvang, veelsydigheid in verskillende genres en tydlose repertoire in verskeie tale, bly haar unieke stempel.
“Ons raai jou aan om ‘n kaartjie te koop en om KANSA se sorg- en ondersteuningsdienste so by te staan,” sluit Marais af.
kaartjies is beskikbaar op http://www.cansa.org.za/one-enchanted-evening-for-cansa-7-apr-2016/

’n Gelukkige kaartjie houer in die gehoor op die 07 April staan ‘n kans om ‘n prys ter waarde van R 6 100 vir twee persone, twee nagte met ontbyt by die baie gewilde Kloofzicht Lodge & Spa, Muldersdrift te wen.

Andre Schwartz