17 November, 19:00 – 20:30 

R150

Kom geniet die betowerende stemtalente van Endija en The Croons. Endija Aleksandra, oorspronklik van Letland, het vir haarself naam gemaak in die ligte operawêreld. The Croons is ’n skitterende groep met musikale en stemtalent oor verskeie genres. Saam tree hulle op ten bate van KANSA.

The Croons het al die verhoog met menige welbekende plaaslike kunstenaars gedeel insluitende Romanz, George Meiring, Corlea Botha, Nadine en Andriëtte Norman. In 2013 het hulle die voorreg gehad om hul helde The Canadian Tenors te ontmoet en saam op te tree.

“Ons is opgewonde dat hierdie engelestemme ten bate van KANSA kom optree. Hierdie is ’n geleentheid vir beide jonk en oud om te geniet,” sê Munnik Marais, KANSA se Korporatiewe Verhoudingsbestuurder.

KANSA bied ’n unieke integrale diens aan die publiek en aan alle mense wat deur kanker geraak word. Besoek die KANSA webtuiste vir meer inligting.

Atterburyteater