31 Mei 2018, 20:00 – 21:30

R200 – R220

Afrikaanse ikoon, besigheidsman, fenomenale musikant en liedjieskrywer, noem hom wat jy wil! Elvis Blue is ’n gesogte musikant in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf wat harte van jonk tot oud verower, nasionaal sowel as internasionaal. Met ’n betowerende dog komiese en unieke styl vermaak hy ongeveer 130 gehore per jaar. Met musiek van toeka tot nou gee Elvis Blue sy eie kleur en geur aan liedjies wat mens laat skaterlag en saam sing. Elvis Blue vertel stories wat jou op reis neem of selfs weer laat droom. Hy is een van die suksesvolste kunstenaars wat spog met vele toekennings van Tempo, SAMA & Ghoema.

31 Mei 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater