20 September, 20:00 – 21:30 

21 September, 20:00 – 21:30 

22 September, 20:00 – 21:40 

R220

Vir die eerste keer op die planke, ’n oorspronklike produksie “Kaal” geskryf deur Elvis Blue vir gehore om ’n ander kant van hierdie gewilde kunstenaar en liedjieskrywer te sien.

Op die rug van ’n jaar waarin Elvis ’n Ghoema rekord vir die meeste toekennings (sewe in totaal!) ooit deur ’n kunstenaar gebreek het, waar hy ’n nuwe Engelse album die lig laat sien het, waar sy “Êrens in die middel van Nêrens toer” selfs voor reklame begin uitverkoop het en waar hy vir sy vierde SAMA vir sy werk bekroon is, wend Elvis hom nou tot die verhoog om ’n produksie bymekaar te sit wat ’n rou, eerlike kant van hom sal deel.

Sy gewildheid steek ook aan sy vermoë om aanklank te vind by oud en jonk, Engels en Afrikaans en om reg oor hierdie twee genres kwaliteit musiek te maak.

Al is sy werk reeds die afgelope 5 jaar alombekend, sal gehore in hierdie produksie ’n versameling van oud en nuwe liedere hoor soos nog nooit tevore nie. Rou, eerlike musiek, vertolk deur agt briljante musikante.

Kry kaartjies by Computicket en kom luister na die stories, aangrypende staaltjies, en die oorsprong van sy liedere en kom ervaar ’n eg Suid Afrikaanse Elvis Blue, KAAL.

20 September – Atterburyteater

21 September – Atterburyteater

22 September – Atterburyteater