31 Julie, 19:00 – 20:30

R70 – R100

Hierdie film gee bied ’n beeld van die komplekse wisselwerking tussen die psige van die individu, die sosiale agtergrond en die droë land wat lewe in die Karoo onderhou. Inwoners van Prins Albert vertel van die uiteenlopende lewens: van toegewyde sorg, selfs buite familieverband; van die filosoof-boer se verhouding met die grond: om jouself deels te verloor; en van vriendskap te midde van ’n sisteem wat besig is om te faal.

31 JulieAtterburyteater