8 April, 20:0021:15 

R140 – R160

In hierdie nuwe “eenvrou” vertoning, beweeg Dolla bietjie weg van politiek, “want dis regtig nou boring”, alhoewel daar elke nou en dan ’n onbeplande dwarsklap per ongeluk “gebeur”

Sy onthul die werklike redes hoekom vrouens nog mans “aanhou”, sy ontleed die Suid Afrikaanse “braai” in detail uit ’n blonde sielkundige oogpunt. In die proses word ingewikkelde onderwerpe soos trofeejag, homopatie, arachnofobia en hondsdolheid onder die vergrootglas geneem. En vir die eerste keer, maak ouma Dowe Dolla (ook vertolk deur Margit Meyer-Rődenbeck) ook haar verskyning op die verhoog om ’n meer wyse en historiese (of is dit nou histeriese?) perspektief aan alledaagse gebeure in ons land te gee.

Verwag nog ’n lag per minuut woorde-tsunami van Suid Afrika se gunsteling blondine.

Atterburyteater