16 Maart 2018, 20:00 – 21:00

R140 – R160

Weg met die dwepers, die boepens-knolle, die moaners en die groaners. Weg met die poeierholle, die hoitie-toitie-skeelooganties, die Martie Martelgatte en die Jannie Jammerballe. Weg met die oorgenuansieerde suutjiespoep-polities-korrektes met hul brabbeltaal-diepsinnighede. Is jy moeg vir jou man se lang gesig wat lyk soos `n bok wat afdraand kyk? Lyk jou vrou al meer soos haar paspoortfoto? Dan is dit tyd om `n kaartjie vir hulle te koop na hierdie showtjie. WEES GEWAARSKU: Jy moet lag dat die trane rol, anders spuit ons jou met Doom.

16 Maart 2018, 20:00 – 21:00 Atterburyteater